PDF Archive

Easily share your PDF documents with your contacts, on the Web and Social Networks.

Share a file Manage my documents Convert Recover PDF Search Help Contact



EFF gáán nou UP eksamen ontwrig oor Afrikaans Netwerk24 .pdf


Original filename: EFF gáán nou UP-eksamen ontwrig oor Afrikaans _ Netwerk24.pdf

This PDF 1.4 document has been generated by Mozilla/5.0 (X11; Linux x86_64) AppleWebKit/537.36 (KHTML, like Gecko) Chrome/48.0.2564.116 Safari/537.36 OPR/35.0.2066.92 / Skia/PDF, and has been sent on pdf-archive.com on 02/06/2016 at 22:18, from IP address 105.208.x.x. The current document download page has been viewed 2745 times.
File size: 376 KB (2 pages).
Privacy: public file




Download original PDF file









Document preview


01/06/2016

EFF gáán nou UP-eksamen ontwrig oor Afrikaans | Netwerk24

EFF gáán nou UP­eksamen ontwrig oor
Afrikaans

Die  EFF  sê  hy  gaan  die  eksamen  wat  Maandag  aan  die  UP  begin,  ontwrig.  Foto:  THEANA
BREUGEM
[1]

Die EFF sê die eksamen aan die Universiteit van Pretoria (UP) gaan beslis nie glad verloop nie
omdat hulle “siek en sat vir Afrikaans aan die UP is”.
Dit kom nadat op die taalberaad Saterdag slegs voorgestel is dat Engels in lesinglokale gebruik
moet word.
Die EFF aan die UP het sowat twee weke gelede gedreig om die eksamen te ontwrig.
“Dit is amptelik. Ons verseker julle die eksamen gaan beslis nie glad verloop nie,” sê Lungile
Sonwabo, EFF­woordvoerder aan die UP.
Die eksamen begin Maandag.
Volgens Sonwabo wil die universiteit nie aan hul eise en voorstelle gehoor gee nie.
Hy  sê  die  voorgestelde  taalbeleid  wat  Saterdag  op  die  taalberaad  gefinaliseer  is,  is  nutteloos
en “ongelooflik problematies”.
“Die  werkgroep  het  die  regte  voorstel  gemaak  dat  lesings  slegs  in  Engels  aangebied  word,
maar daar is baie kwessies wat hulle geïgnoreer het,” sê Sonwabo.
Volgens hom is die eis geïgnoreer dat Afrikaans in sy geheel aan die UP moet verdwyn.
Die EFF het besluit om ná die eerste taalberaad in Februarie nie verder deel te neem aan die
besprekings nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/eff-gaan-nou-up-eksamen-ontwrig-oor-afrikaans-20160601

1/2

01/06/2016

EFF gáán nou UP-eksamen ontwrig oor Afrikaans | Netwerk24

Volgens Sonwabo sal hulle alles in hul vermoë doen “om Afrikaans en die Afrikaner­stelsel aan
die UP af te breek”.
Sonwabo  sê  die  EFF  sal  geen  verdere  drastiese  stappe  doen  as  die  universiteitsraad  en  ­
bestuur ’n ooreenkoms onderteken met ’n presiese datum vir wanneer Afrikaans heeltemal aan
die UP sal “val” nie.
Volgens die EFF moet onder meer oor die volgende ooreengekom word:
*  Alle  vorme  van  kommunikasie  van  die  universiteit  moet  slegs  in  Engels  wees.  Dit  sluit
aanwysingsborde, briefhoofde, e­posse, fakse en studiegidse in;
* Die vereiste dat werknemers tweetalig (Afrikaans en Engels) moet wees, moet afgeskaf word;
* Daar moet strenger ras­ en geslagkwotas by alle fakulteite ingestel word;
* Al die kurrikulums moet “gedekolonialiseer” word. Dit gaan volgens die EFF ruimte laat vir die
ontwikkeling van modules soos Afrika­filosofie;
* Die koshuise moet Suid­Afrika se demografie in ’n groter mate weerspieël. Daar moet meer
swart studente as wit studente in die koshuise toegelaat word; en
*  Alle  kulturele  gebruike  en  tradisies  in  daghuise  en  koshuise  moet  afgeskaf  word.  Dit  is
volgens die EFF meestal Afrikaanse gebruike en dit verdruk swart mense.
AfriForum Jeug
AfriForum  Jeug  het  Dinsdag  aan  Netwerk24  gesê  hulle  is  ook  hoogs  ontevrede  oor  die
voorgestelde  taalbeleid  en  die  organisasie  sal  hom  tot  die  konstitusionele  hof  wend  indien
Afrikaans nie in lesinglokale behoue bly nie.
“Ons  sal  ons  nie  tot  geweld  wend  om  ons  sin  te  kry  nie.  Ons  sal  egter  alle  ander  maniere
gebruik  om  vir  Afrikaans  as  onderrigtaal  aan  die  UP  te  veg,”  sê  Henrico  Barnard,  AfriForum
Jeug se woordvoerder aan die UP.
Ontwrigting
Volgens  Anna­Retha  Bouwer,  UP­woordvoerder,  is  die  universiteit  bewus  van  die  beweerde
dreigemente van sommige studente om die eksamen te ontwrig.
“Die  ontwrigting  van  die  eksamen  is  ’n  strafregtelike  oortreding  en  ’n  oortreding  van  die
universiteit  se  beleid.  Enige  verdagtes  van  sulke  oortredings  sal  aangekla  word  en  aan  die
universiteit  se  tugprosedure  onderwerp  word.  Strafregtelike  klagte  sal  ook  ingedien  word,”  sê
Bouwer.

References
1. ↑  Die  EFF  sê  hy  gaan  die  eksamen  wat  Maandag  aan  die  UP  begin,  ontwrig.  Foto:
THEANA BREUGEM 
   ( http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/4049/5a7d50871d5b4a2184530679f57f3e80.jpg )
Excerpted from the web page: EFF gáán nou UP­eksamen ontwrig oor Afrikaans | Netwerk24 
http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/eff­gaan­nou­up­eksamen­ontwrig­oor­afrikaans­20160601

http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/eff-gaan-nou-up-eksamen-ontwrig-oor-afrikaans-20160601

2/2


EFF gáán nou UP-eksamen ontwrig oor Afrikaans _ Netwerk24.pdf - page 1/2
EFF gáán nou UP-eksamen ontwrig oor Afrikaans _ Netwerk24.pdf - page 2/2

Related documents


PDF Document eff g n nou up eksamen ontwrig oor afrikaans netwerk24
PDF Document leopold scholtz dat afrikaans brand is seker netwerk24
PDF Document us geen kans vir afrikaans netwerk24
PDF Document twee millennials se liefde haat vir afrikaans netwerk24
PDF Document engele k
PDF Document tandestudiegids


Related keywords